


PETRE SE PERS VYE KONFYT
4 kg vye, in soutwater laat lê stingels afgesny en gehalveer
3.5 kg suiker
5 groterige stukke gemmer
botter om pot se rand te smeer
4 spuite suurlemoensap
Meng vye, suiker, gemmerstukke en suurlemoensap tot ‘n dik stroop vorm en suiker amper opgelos is.
Smeer pot se rand met botter, (help dat dit nie oorkook nie)
Kook op hoog vir 30 tot 35 minute vandat begin kook.
Bottel warm.
Foto en resep: Petré van Jaarsveld






