PRUTPOT T-BEEN EN PATATS
Kap 2 groot uie en plaas op die bodem van die prutpot.
Sit Soet patat in dik skywe bo op die uie.
Rol elke T been in koekmeel en braaivleis speserye mengsel en pak in lae.
Maak Ina Paarman’s Beefstock met 400 ml water aan. Sit genoeg knoffel bo die vleis.
Gooi die vloeistof oor, sit deksel op en los vir 8 – 10 ure op lae hitte.
Vleis is sag en smaaklik, patats nog stewig.
Heerlik saam met bottel Badsberg Belladona 2012
Bron: Christina En LP Louw









