

PEGGY SE MIELIEKOEKIES
Resep: Peggy Devine
Foto: Sharon Viljoen
FOOD LOVERS RECIPES
Ons hou van dit met goue stroop oor.
2 koppies meel
2 blikke heelpit mielies of 750 ml gevriesdes
2 teelepel bakpoeier
2 eiers in maatbeker en vul aan tot 300 ml met water (+ 150 ml indien nodig )
1 teelepel sout
2 en ‘n half teelepel suiker
Meng alles.
Skep lepels vol in warm olie, bak tot gaar. ( my eie ) tot lekker saam met braai vleis.






