

SUSAN SE “SWISS” ROLLE
My swissrolle, best of both.
6 xl eiers, geskei
1 koppie suiker
5 ml vanilla
1 koppie koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
100 ml water
Klits geel van eiers, water, suiker en vanilla tot lig en donsig. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vou meel in beslag net tot gemeng, vou geklitste eierwitte by. Skep in die rolkoek pan en bak 20 min by 180°C.
Vir sjokoladerol het ek net 60 ml kakao by gesit. Ek het sommer met room versier met karamel.
Foto en resep geplaas deur Susan Van Dyk
Ek het eers met konfyt geoefen, kondensmelk is te duur om op’ n flop te smeer. Dis regtig net oefen. Klam vadoek, rol op, en rol af. Smeer, en rol weer. As ek room of vla icing insit, wag ek dat hy afkoel, dan smeer ek en rol op. Hierdie het karamel in. Nadat ek hom afgerol het, smeer ek die karamel op en rol weer mooi op. Ek sny my kante af voor ek die rol versier.







geskuif
Susan Van Dyk Ek het dit laat maak. Die pan wat mens gebruik is 400x260mm