

JUANRI SE ALFREDO
1 pakkie spek stukkies
1 blikkie pieces and stems sampioene
4 rooi vienas, in stukkies gesny
1 ui, in stukkies gekap
1/2 teelepel knoffel
1 teelepel origanum
Braai bestanddele tot gaar in ‘n klein pot en hou eenkant.
500 g penne pasta, gekook in sout en olie water en dreineer na gekook
500 ml clover room
2 koppies kaas, gerasper
Voeg die bestanddele by die pasta en voeg room in(moenie room klits nie) en meng goed deur.
Gooi 1 koppie kaas in die pasta en bestanddele en laat smelt.
Gooi pasta in ‘n oond of glas bak en voeg die res van die kaas bo-oor en laat gril tot kaas gesmelt is.
!!!Geniet op ‘n heerlik nat, koue of warm dag!!!
Resep geplaas deur Juanri Van Der Walt
Foto” Juanri Van Der Walt






