

BEESSTERT MET “STOUT” BIER
Foto: Erika Foot
Resep geplaas deur Erika Foot
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakke beesstert
1 bottel stout bier
1 pakkie oxtail soppoeier
1 groot ui
sout en peper
baba wortels
Oxtail /beesstert hoef nie heel ontdooi te wees nie. Plaas in oondvaste bak of pot.
Meng soppoeier en bier en gooi oor vleis.
Skil ui en sny op in groot stukke en plaas in pot.
Sout en peper na smaak.
Kan klein bietjie water ook oorgooi maar onthou gevriesde vleis gaan ook water afgee so pasop om nie te veel water in te gooi nie.
Plaas in oond. Bak teen 130-140°C vir ses ure, of tot gaar. Roer elke nou en dan.
As sousie te dun is, verdik met bietjie maizena.
Bedien saam met rys.
(Optioneel: sit wortels saam in pot so vir die laaste twee ure van kook)
Geniet dit!
Wenk:
Indien u nie hou van alkohol of die bier smaak nie, vervang bier met ‘n botteltjie slaai sous wat met ‘n pakkie bruin uie sop gemeng word i.p.v oxtail soppoeier.






