

PORTUGESE-ROLLETJIES MET “STEAK AND KIDNEY” VULSEL
Foto: Riana Oosthuizen Oberholzer
FOOD LOVERS RECIPES
Steak and kidney vulsel:
5 T-bene waarvan ek die vleis afgesny het ± 1 kg vleis
7 skaapniertjies
1 groot ui
2 murgpampoenjies (baby marrows)
2 meduim wortels
2 tamaties
4 meduim aartappels
2 eetlepels tamatie paste
Sny steak en niertjies in blokkies, ek het die uie, murgpampoentjies, wortels en tamatie gerasper.
Plaas alles in ‘npot, met jou keuse van kruie en speserye (ek het tiemie (1 eetlepel) en 1 chicken stock-pot bygevoeg).
Wanneer jou vleis amper sag is, kan jy blokkies aartappel byvoeg en bietjie tamatiepasta.
Ek het my sousie bietjie verdik met oxtail-soppoeier.
Hol die portugese broodrolletjies uit en skep jou vulsel binne in die rolletjie, bedien met slaai van jou keuse.







geskuif