

KOESKOES MET BOTTERSKORSIE
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: Gebruik net die helfte van die koeskoes.
1 kg botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
2 eetlepels kookolie
2,5 ml fyn kaneel
knypie sout
4 eetlepels strooisuiker
bietjie olie
1 ui, fyngekap
1 rooi soetrissie, in blokkie
1 eetlepel gekapte vars pietersielie
4 grasuie, fyngekap
125 ml sultanas
100 g gevlokte amandels
100 g pekanneute grofgekap
KOESKOES:
(lees nota)
500 g koeskoes
2,5 ml fyn kaneel
knypie borrie
2 koppies kokende hoenderaftreksel
4 teelepels botter
Stel oond op 180°C.
Plaas botterskorsie in ‘n oondpan en sprinkle olie bo-oor, meng goed en bak vir 20 min (of tot gaar).
Sprinkel kaneel, sout en strooisuiker bo-oor sodra botterskorie uit oond kom, roer liggies deur.
Verhit olie en soteer ui daarin tot net sag. Voeg soetrissie by en soteer nog bietjie.
Voeg pietersielie, grasuie, saltanas, amandels en neute by, soteer nog bietjie.
Verwyder van hitte en roer in by botterskorsie.
Koeskoes
Roer koeskoes, kaneel en borrie by kokende aftreksel en laat vir ongeveer 10 min staan.
Voeg botter by en roer met vurk tot los.
Skep koeskoes in geskikte opdienbak en skep botterskorsiemengsel bo op of meng deur.
Sit warm voor.







geskuif