


ROMERIGE AARTAPPEL EN PREI SOP
Vichyssoise with olive oil & sriracha toasted paninis (I serve my very rich potato & leek soup hot not cold as is traditional in France)
5 blus (melerige) aartappels (Sifra, Up to Date, Valor)
3 preie
pakkie wit uie sop
350 ml kookwater
500 ml melk (of room as jy ryker sop wil hê)
Skil en sny aartappels in kwarte.
Sny die preie in 3 cm ringetjies en sit saam met aartappels in die 350 ml kookwater in stoompot. Stoom onder druk vir 20 min of tot die groente sag is. Meng die soppoeier met die melk/room en gooi by die groente. Kook tot die sop begin verdik. Prut vir paar minute, maak fyn met hand menger en bedien met kaas croutons of krakerige brood. Indien die sop te dik is verdun met bietjie water, room of melk.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Fotos: Elsabie Templeton
2de foto:
Romerige aartappel en prei sop bedien met Parmesan en gerookte paprika naan.
Ek het vanaand sommer 1 liter room bygegooi om dit meer te maak en die sop met pakkie wit uie sop verdik.
Dit smaak heerlik!






