

KNOFFELRING BROOD
Deeg:
2 groot eiers
25 ml kookolie
50 g suiker
500 ml lou warm water
10 ml kits gis
10 ml knoffelsout
knippie gemmer
ongeveer 1 kg koekmeel
ekstra meel vir knie
Klits die eiers, olie, water en suiker saam in ‘n groot bak.
Meng die koekmeel, knoffelsout en gemmer.Neem’n bietjie van die meelmengsel en meng dit met die gis.
Voeg die gis en meelmengsel by die eiermengsel, voeg die helfte van die koekmeelmengsel by en roer deur.
Hou aan koekmeel byvoeg totdat ‘n sagte deeg vorm, knie vir 5 tot 10 minute.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde bak en laat rys tot dubbel in volume. Knie die deeg af en maak bolletjies.
Knoffelsous:
175 g gesmelte botter
3 tot 6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml knoffelsout
25 ml vars gekapte pietersielie
10 ml gedroogte gemengde kruie
Sesamsaad om oor te strooi
Voorverhit die oond tot 190ºC.
Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Doop elke bolletjie deeg indie sous en pak dit in ‘n oondskottel.
Bedek die deegbolletjies en laat dit rys vir 15 tot 30 minute.
Strooi die sesamesaad oor die bolletjies en bak dit in die voorverhitte oond vir 30 tot 35 minute tot gaar.
Resep: Johan En Christelle Riekert






