

MARISKA SE BLACK FOREST TRIFLE
Hier is die lang gewagte resep vir my tipe black forest trifle..
Ek het brownies gebruik in onderste laag en besprinkel met nachtmusik (chocolate liquor) bo op.
Paar geblikte black forest kersies, daarna styfgeklopte room met bietjie vanilla ekstrak in.
Geen suiker want dit moet die soet bietjie breek.
Bo op die room – Selfgemaakte aarbei sous gebruik. (ek het gevriesde aarbeie saam met suiker gekook tot dit lekker stroperig is).
Begin dan weer met die brownies hou so aan tot jou bak vol is, die laaste lagie moet room wees.
Versier dan met vars bessies en sjokolade, ek het vars kersies, rasberries en swartbessies gebruik.. en toe sommer ‘n paar Cadbury whispers by gegooi vir die liefde.
Foto en Resep: Mariska Griffin






