

FEETJIE POEP
1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel
250 of 300 ml houertjie room
sjerrie
Breek koek in groot krummels. Pak in bak. Sprinkel sjerrie oor. Klits room styf en klits karamel daarby in. Skep bo op koek. Herhaal lae. Bere bietjie geklitste room vir heel bo op. Versier met gekrummelde flake en kersies.
WENK
Maak hierdie poeding ‘n dag of wat voor die tyd en hou in die yskas. Hoe langer dit staan hoe klammer en geuriger word dit. Baie lekker!
Ek het die sponskoek met Khaluha gesprinkel.. elke laag met fyngekapte neute en kersies gestrooi.. bo op het ek kersies, fyngekapte neute en gerasperde sjokolade gestrooi..
Foto: Petré Van Jaarsveld






