


GESTOLDE WORTELRING MET ROOM
1 blik (440 g) pynappel, fyngemaak
1 pakkie suurlemoenjelliepoeier
½ koppie witsuiker
knippie sout
2 koppie geskilde wortels, fyn gerasper
½ koppie room
geelwortelrepies, pynappelstukkies en pietersielie vir garnering
Dreineer die pynappel en vul die sap met water aan tot 250 ml.
Verhit tot kookpunt en los die jelliepoeier daarin op. Laat dit afkoel tot dik, maar nie styf gestol nie.
Klits die dik jellie tot romerig, Klits die suiker bietjiesgewys by en dan die sout.
Meng die gedreineerde pynappel en wortels en vou dit liggies by die jellie in.
Klits die room tot styf en vou dit ook by die mengsel in.
Spoel ʼn middelslag-slaaivorm met koue water uit.
Gooi die slaaimengsel daarin en plaas dit in die koelkas om te stol.
Garneer die slaai soos verkies. Hou dit in die yskas tot net voor opdiening.
Foto: Hester Marx
2de foto: Alberta van Wyk Hierdie wortelvorm bly maar net ‘n wenner. Ons het dit ook vir vandag gemaak. Net dubbeld aangemaak sodat dit in my vorm inpas.






