

GESTOLDE MALVALEKKER- EN SJOKOLADENAGEREG
Ek moes vandag my ma se gunsteling nagereg met die Kersseisoen maak. Ek het so na haar verlang.
10 ml gelatien
45 ml sterk swart koffie
125 ml warm water
20 wit malvalekkers
120 g kooksjokolade, grof gerasper
250 ml yskoue ingedamptemelk
120 ml room, styf geklits
12 suikerbroodvingers (Boudoir)
Week die gelatien in die koffie oor ‘n dubbele kastrol.
Voeg die warm water, malvalekkers en sjokolade by die koffiemengsel.
Laat die mengsel stoom tot alles gesmelt is. Roer aanhoudend.
Verwyder van die hitte en plaas op ‘n koel plek om af te koel tot dit amper stol.
Klits die ingedamptemelk tot dubbel die volume en styf is.
Voeg die sjokolademengsel by die melk, klits aanhoudend. Vou laastens die styfgeklitsde room by die melk- en sjokolademengsel in.
Giet die beslag in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei gespuit is en plaas in die yskas.
Keer die gestolde poeding uit op ‘n bord en pak halwe suikerbroodvingers rondom die poeding. Skep roomys in die middel en bedien. Oppas vir ooreet.
Resep en foto: Marlize Williams







geskuif