

BULLY BEEF EN TAMATIE PASTA
6 Porsies
1 pak 500 g Fatt’s & Moni’s elbow macaroni
(ek halwe gewone en halwe elbow, nie genoeg gehad maar verkies elbow)
1 blikkie Bull Brand bully beef
2 blikkies Miami Tomato Braai Relish
1 blikkie Rhodes baked beans in tomato
swart peper
Aromat
1 handvol vars pietersielie
1 handvol vars prei
Kook die macaroni in ‘n medium grootte pot tot gaar maar nie pap nie.
Gooi water af en plaas terug in die pot maar hou pot van plaat af.
Sny die bully beef in blokkies en kap die pietersielie blare en prei fyn (gooi by volgens smaak) terwyl die macaroni gaar word.
Na dreinering van macaroni, voeg die gekapte items, blikkie baked beans, 2 blikkies tomato relish en swart peper en aromat na smaak by.
Let egter dat die blikkies ook sout in het so pasop vir te veel aromat en swart peper.
Meng als liggies deur die macaroni. Plaas die pot terug op die stoof op lae hitte tot alles warm is en gaar.
Resep en foto: Christelle van Rooyen






