

TURKISH DELIGHT KOEK
Hierdie koek gebruik ‘n 20 x 40cm ringpan, of twee kleiner panne.
8 eiers
4 koppies suiker
4 koppies koekmeel
10 ml sout
1 koppie olie
2 koppies melk
4 teelepels bakpoeier
5 ml rooswater
pienk kleursel na smaak
250 g Turkish delight lekkers in klein blokkies gesny
Stroop:
1 koppie water
1 koppie suiker
3 ml rooswater
Kook stroop bestanddele saam tot stroperig.
Koek:
Klits eiers en suiker vir 10 min tot romerig. Meng kookolie en warm melk bymekaar, laat afkoel. Sif droë bestanddele en meng by eiermengsel in, voeg die melk en oliemengsel by. Sit bakpoeier, rooswater en pienk kleursel by en meng weer.
Sny turkish delight in klein blokkies.
Skep die helfte van beslag in die ringpan, strooi helfte van blokkies oor beslag (bere ander helfte vir versiering) en skep die res van die deeg oor die lekkers.
Bak 25 min by 175°C.
Giet stroop warm oor koek wanneer die koek uit die oond kom.
Laat afkoel, keer uit.
Meng versiersuiker en bietjie warmwater en 2 ml rooswater.
Roer tot ‘n smeerbare mengsel. Laat oor koek loop. Kan ook pienk kleursel hierby voeg indien verkies.
Smelt ‘n vanilla sjokolade en doen bietjie dripping bo-oor.
Versier met oorblywende turkish delight vierkantjies.
Nota:
Ek het sommer die diabete turkish delight gekoop, dit is vir my meer geurig.
Foto en resep: Marida Olivier/van Wyk







Geskuif