



GIDEON SE GESTOPTE HOENDER BORSIES EN GESTOPTE BACON ASPERSIES
Resep en fotos: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Aspersies:
1 pakkie vars aspersies
1 pakkie repiespek
Kook die aspersies vir 5 min en draai toe met repiespek.
Braai op die kole tot goudbruin
Hoenderborsies:
2 hoenderborsies
1 pakkie repiespek
3 eetlepels roomkaas
paar stukkies fyn gekerfde pepperdew
Sny ‘n “pouch” in die hoenderborsie, stop dit met die kaas en pepperdew en draai toe met bacon.
Braai op kole tot gaar.






