

NATHAN SE GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES
Resep geplaas deur Emma Beetge
Foto: Emma Beetge
1 koppie grondboontjiebotter
1 koppie suiker ( Wit of Bruin)
1 eier
5 ml Vanilla geursel
Meng goed, rol in balletjies en rangskik in gesmeerde plaat. Druk met vurk liggies plat.
Bak in ‘n oond teen 160ºC vir 10 / 15 min.






