

MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL
Ek het 3 bottels uit die resep gekry (agurkiebottels) en nog oor gehad wat gisteraand vir 4 mense as slaai gebruik was.
1 kg uie gekerf
2 kg wortels (ringetjies of blokkies gesny)
2 ¼ teelepels sout
2 ½ koppies suiker
3 koppies asyn
1 teelepel borrie
½ koppie koekmeel
¼ koppie mosterdpoeier
Kook wortels, uie en sout saam tot sag en dreineer die water.
Meng die ander bestanddele en voeg by die groente.
Kook vir 15 minute op lae hitte. Roer gedurig, dit brand baie maklik.
Bottel die wortels warm in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Lekker as slaai saam met braaivleis of koue vleis.
Resep en foto: Ragiela Cloete







Hierdie slaai is heerlik, ek sal net bietjie minder koekmeel bysit, het gevind dat wanneer die slaai koud gemaak word is die sous bietjie “te” dik, verder ‘n wenner by braaivleis