

HUISKOS SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti
1 ui fyn gekap
12,5 ml margarien
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 blik(410 g) tamatie en uie
gerasperde cheddarkaas
Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en hou eenkant warm.
Braai intussen die fyngekapte ui liggies in die margarien in ‘n kastrol tot goudbruin. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Roer af en toe. Voeg die res van die bestandele behalwe die kaas by en laat kook nog 10min oor lae hitte.
Skep spaghettie op bord en skep mince bo oor en dan gerasperde kaas
LEKKER!
Foto: Benhet Nieuwenhuis






