

TUNAROLLADE
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
4 eetlepels botter
125 ml koekmeel
312 ml warm melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 eiers, geskei
45 ml grasuie, gekap
Smelt botter in kastrol, roer koekmeel by tot gemeng. Gooi warm melk stadig by en roer tot sous begin vorm. Kook 3 min. Geur met sout en peper na smaak.
Verwyder kastrol van hitte en roer eiergele en grasuie by.
Klits eierwitte styf en vou by meelmengsel in tot net gemeng.
Skep beslag in bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak 18 min of tot goudbruin bo-op. Keer op skoon, klam vadoek uit. Trek bakpapier af en rol met behulp van ‘n vadoek op en hou eenkant.
Meng Vulsel – lees nota onderaan
1 bakkie roomkaas
4 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels blatjang
2 blikkies tuna gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper.
Rol die rolade af en smeer die vulsel op, rol weer op. Wanneer bedien sny in skywe.
Benhet se Nota: My opinie dit is baie lekker maar die vulsel kan jy net die helte gebruik.







done