

POTATO BAKE BROODJIE
125 ml melk
2 eetlepels margarien, gesmelt
4 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 pakkie gis
Sif meel, sit sout en gis by. Meng melk en margerien by. Gooi ongeveer 300 ml lou warm water by en knie die deeg. Laat rys vir 30 min, knie deeg af. (ek sit hier my vulsel in) laat rys vir nog 30 min en dan bak vir 30 min teen 180°C.
Het brood deeg uitgerol en gevul met gebraaide uie, knoffel en Viennas en sommer kaas en feta ook op gesit. Toe rol ek die deeg soos ‘n rolkoek op en sny in wiele. Dit weer laat rys. Net voor baktyd ‘n pakkie potato bake gemeng volgens pakkie instruksies en oor gegooi. 180°C vir 30 min.
Bron en Foto: Nicolene Adams







geskuif