

GEMMERBIER (met Sweeto) – maak 6 Liter
‘n Botteltjie (200 ml) Sweeto Gemmierbier aanmaak-koeldrank
1 pakkie droë kitsgis (korreltjies)
9 eetlepels bruinsuiker
5 – 8 rosyne per 2 liter bottel
Plaas die Sweeto, kitsgis en suiker in 1.5L water, meng goed.
Verdeel die mengsel in drie dele van plus minus 500 ml elk.
Giet daardie 500 ml elk in 3 skoon 2 liter bottels.
Vul elke bottel op met kraanwater tot entjie van bo af.
Sit ‘n paar rosyntjies in elke bottel en plaas doppies op.
Laat staan omtrent vir 2 dae buite die yskas, plaas dan in yskas.
Notas:
** As bottels vir die eerste keer oopgemaak word, doen dit baie versigtig. Klein draaitjies op ‘n slag om die ergste gas te laat ontsnap.
** Dis interessant om te weet dat Sweeto aanmaak-koeldrank suikervry is. Jy kan dus suikervrye gemmerbier maak indien jy dit verkies. Laat net die suiker uit die resep uit of vervang dit met ‘n versoeter.
** Bêre die gemmerbier in die yskas, al gaan jy dit nie dadelik drink nie. Anders hou dit aan met gis, veral as dit warm is. En ons weet mos wat dan gebeur…… 🙂 🙂 🙂 KAPOW!
** Die smaak verbeter as dit omtrent ‘n week gestaan het, dit raak ook effens sterker.
FOTO: Louise Groenewald






