

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK – TANNIE POPPIE
Koek
500 ml koekmeel
180 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
3 groot eiers
400 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
250 ml crosse and Blackwell mayonnaise
230 ml water
100 ml whisky
1 blik karamelkondensmelk (ek het hierdie uitgelaat en my eie versiersel gebruik)
Versiersel
Halwe blik (van 310 g) room
200 g melksjokolade, in kleiner stukkies gebreek.
Nota van Benhet
(ek het nie haar versiersel gebruik nie ek het in die middel die stoofversiersel gebruik wat ek in die vrieskas gehad het en bo-op gewone botterversiersel wat ook in die vrieskas was. Ek het so bietjie van die botterversiersel oor gelos en dit gesmelt en dit bo oor die koek gedrip.)
Verhit die oond 180ºC
Sif die koekmeelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam. Sif vir tweede keer.
Klits die eiers, suiker en geursel tot lig en romerig.
Verminder die spoed tot laag en vou die mayonnaise by.
Voeg bietjies gewys by die eiermengsel: Meelmengsel, dan water dan whisky, dan weer meelmengsel.
Bak 30-35 min lank of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat 10-15min afkoel en keer dan uit op afoelrak.
Smeer die karamelkondensmelk op die een koeklaag en sit die lae opmekaar.
Berei die versiersel:
Kook die room tot dit net begin borrel in die mikrogolfoond.
Gooi die sjokolade by die room en roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt het.
Laat afkoel tot die sous sy vorm behou.
Gooi die sous oraloor die koek
Laat die versiersel hard word in ‘n koel droe plek.
Bron:TANNIE POPPIE KOOK POPPIE COETZEE
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Koek is vir my lekker!!!!! LOVE die whisky smaak!!!!!!







geskuif