

MARIETA SE SPONSKOEK
6 eiers geskei
1 koppie strooisuiker
1 koppie bruismeel
Klits eierwitte effe ( nog nie styf). Voeg helfte van strooisuiker by eierwit en klits styf.
Klits eiergele met die res van die strooisuiker.
Vou die eiergeel in by die wit.
Voeg bruismeel bietjie vir bietjie by. Vou liggies in.
Jy kan nou of n teelepel vanilla f gerasperde skil van lemoen byvoeg.
Skep in gesmeerde pan en bak by 180° vir 30 min of totdat toetspen skoon uitkom.
Bron en Foto: Marieta James
Hierdie koek se ander lae is rooi fluweel koek en die bierboks koeks
https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/wenner-rooi-fluweelkoek/






