Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2 koppie) versiersuiker
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180°C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ‘n groot mengbak.
Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ‘n aparte mengbak.
Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.
Versiersel
Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits tot lig en donsig.
Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.
NOTA: Lidia Theron – het hom gebak en kan hom regtig aanbeveel.










geskuif
Elize Herholdt
Rina – Het vanoggend die resep vir my vriendin gemail van die blog af – Fluweelkoek Uit die boeke uit.
Het roomkaas versiersel van ander koek gebruik – net botter minder gemaak. – Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas
125 g sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel