BIERBOKS KOEK
500 ml water
150 ml olie
200 ml kakao
10 ml vanilla essence
Bring tot kookpunt en laat prut
8 eiers
750 ml suiker
Klop tot lig en donsig
875 ml meel
17.5 ml bakpoeier
Voeg die mengsel by die eier mengsel en voeg dan die vloeistof mengsel by.
Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uigele het, hou die blink
kant bo!
Jy kan die buitekant van die boks ook oortrek om te voorkom dat jou boks brand.
Bak teen 180 ºC vir 30-35 minute.
Versiersuiker
100 ml Botter of margarine
500 ml versier suiker
150 ml kakao
60 ml yogurt
Smelt margarine en versiersuiker, voeg dan die res by. Jy kan hom in ‘n vierkantige pan ook bak .








