

FRIEDA SE BRAAI EN SLAAI
Sondag BRAAI EN SLAAI…heerlike Aartappelslaai, lekkerder kry jy nie! Noedelslaai vir die boer, Ansie se Beet, Stokbrood, Hoender Sosaties, Tjop’s en natuurlik my tuisgemaakte Boerewors…en die boer kon nie die nagereg inkry…die bere ons maar vir later. Stapel Plaatkoekies met roomys en stroop.
STOKBROOD
2 koppies koek en broodmeel gemeng
5 ml gis
2,5 ml sout
15 ml suiker
koppie lou water
Meng alles en knie goed.
Laat rys, knie af.
vorm 2 balle vir bekerbrood en deel res van deeg in 2 kleiner balle en rol dit in ‘n lang reep, druk effens plat en draai dit om ‘n sosatie stok.
Laat weer rys en braai stadig op vuur tot gaar.
WARM AARTAPPELSLAAI
Hang af vir hoeveel mense, ek het resep halveer vir my en Gali.
4-6 groot aartappels
250 g ontbytspek, gekap
25 ml olie
2 uie, gekap
75 ml blatjang
75 ml witasyn
15 ml mielieblom
250 ml melk
Skil en sny aartappels blokkies en kook tot sag.
Braai spek in bietjie van olie.
Skep uit en skep by gaar aartappels.
Soteer uie tot gaar.
Voeg res van olie, blatjang en asyn by uie en braai 2 min by lae temperatuur.
Meng mielieblom en melk en giet dit oor die uiemengsel, roer goed.
Meng aartappels en spek en skep die uiesous oor.
Bedien warm
NOEDELSLAAI
½ pak macaroni klaar gaar
½ groen soetrissie of ui, fyngekap
½ koppie olie
½ koppie witasyn
½ koppie tamatiesous
sout en peper
10 ml kerriepoeier
Meng alles deur en plaas in die yskas.
PLAATKOEKIES
1 eier
25 ml suiker
7 ml gesmelte botter
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml melk
Klits die eier en suiker goed saam.
Klits melk by en dan die smeer, meng goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by.
Roer net tot gemeng.
Bak op warm gesmeerde plaat.
Stapel opmekaar met stroop en roomys bo-op.
Foto en resep: Frieda Greyling






