


PAUL SE BEESLIESROL
My bees lies rol reg vir die oond.
Maak n vulsel van
½ koppie gekapte sampioene
½ koppie gekapte uie gebraai
½ koppie broodkrummels
½ koppie feta kaas
1 eier
280 g gaar spinasie
Vlek die lies oop en sprinkel sout en peper. Skep vulsel op en smeer oor hele lies. Rol die lies op en bind vas met tou. Sprinkel sout en peper en braai bruin in ‘n pot op die stoof. Plaas dan in oond op 190 ºC vir 30 na 40 min toets met ‘n termometer tot medium to rare
Resep en foto: Paul Snyman






