

ELIZE SE ZAMBIA BIERBROODJIE
3 ½ koppies bruismeel
1 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
340 ml Mosi bier
125 gr spek
1 ui fyngekap
1 blikkie heelpit mielies, gedreineer
1 koppie gerasperde cheddar kaas
125 ml gemarineerde songedroogde tamaties (gesnipper)
Vars tiemie van stokkie af)
2 eetlepels olyfolie
Braai gesnipperde spek in olyfolie tot gaar. Haal uit pan.
Braai uie in spek vet in dieselfde pan tot gekaramaliseerd.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot meng bak.
Meng droë bestanddele met bier.
Voeg kaas, spek, heelpit mielies, tamatie, tiemie en uie by, meng goed.
Skep in voorbereide broodpannetjie.
Bak in voorverhitte oond (180ºC) vir 45 minute tot gaar.
GENIET
Resep en foto: Elize de Kock






