


TESSA SE GEMMERBIER VARKTJOPS
Jy het 500ml gemmerbier (stoney) nodig,
n pakkie bruin uie sop en
so 4 vark chops (vet afgesny)
Jy vat n vleis sakkie en sit jou vleis daarin, voeg by sout en peper na smaak en die pakkie bruin uie sop, skud als saam tot die vleis mooi gedek is met die sop poeier. Vat dan n lekker warm pan met min olie en braai tot die vleis geseel is. Gooi dan die gemmerbier in en kook tot gaar en n lekker dIk sous vorm. Verdun met nog gemmerbier as die sous te dik is. Sit voor saam lekker mash en groente.
Bron: Tessa Steyn






