MY GRYP IETS VAN ALS LAMSNEK BREDIE
1.5 kg lamsnek
2 uie gekap
5ml knoffel
30ml brandewyn
Druiwepit olie vir braai van vleis
Verbruin lamsnek, voeg uie, knoffel en brandewyn by en roerbraai vir 10 min. Pak vleis in ‘n casserol. Pak 1kg gemende groente bo-op
Meng die volgende bestandele vir sous:
1 pakkie beesstert sop
15ml tamatiepasta
1 pakkie van Ina Paarman se songedroogte tamaties
15 ml Soya sous
10ml matige kerriemengsel (verkrygbaar by Speserye winkel)
20ml Korma paste
20ml Mild chunky salsa
Gemaalde peper na smaak
500ml rooiwyn
Gooi sous oor groente en vleis plaas in vooraf verhitte oond teen 180°C vir 30min.
Draai oond af tot 120°C.
Ek het dit vir ongeveer 4 ure stadig in oond gaargemaak.
RESEP EN FOTO: Elna Erasmus