

FEES PAPTERT
Resep geplaas deur Lucinda Van Vuuren
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250 ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250 g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas
Stel oond op 180°C, en spuit ‘n bakskottel.
Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie.Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
Skep in lae in bakskottel: pap, dan spek mengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is.
Bedien saam met braaivleis.






