JAMES SE GEROOKTE HOENDER SONDER ROKER EN BALSAMIESE KAVIAAR
Gerookte hoender.
Ek het hoender gekoop by Checkers (die wat Freddy Hirsch se BBQ spice op het) jy kan jou hoender self ook spice maar dit moet droeë spice wees nie marinade of enige nattigheid nie.
Vat ‘n groot pan en line dit met Foelie – die blink kant na bo.
Gooi dan jou klein fyn houtjies (woodchips) in ‘n hopie bo-op die foelie – dit moet net genoeg wees om die bodem van die pan te bedek. Sit jou stoof plaat aan op hoog en steek dan die hout brand. Ek het ‘n blowtorch gebruik. Jy hou die vlam op die hout totdat dit lekker rook. versprei die hout regoor die pan. Sit dan jou hoender op ‘n draadrak wat in die pan pas plaas foelie booor die hele pan en sit dan die deksel op. Die deksel moet goed seël. Verlaag die hitte tot so tussen medium en hoog en rook dan vir so 20 minute. Verlaag dan die hitte tot so laag to medium en rook vir ‘n verdere 10 minute. Indien die hoender nie deur gaar is nie kan jy dit in die oond bak tot gaar of in ‘n pan braai met bietjie botter vir ‘n crispy skin.
Vir die Balsamic Caviar.
Jy benodig 2 lang glase – 2 derdes gevul met olie. Laat staan in die yskas tot goed koud.
Intussen gooi jy 250ml balsamiese asyn (of enige ander vloeistof van jou keuse) in n pot en gooi dan 5ml Agar Agar by. Plaas pot op hoë hitte en bring tot kookpunt terwyl gedurig geroer word. verlaag dan die hitte en prut die mengsel vir 2 minute totdat al die korreltjies opgelos het.
Kry dan 1 glas olie uit en hou naby.
Gebruik ‘n spuitnaald om die vloeistof op te trek en drup dan een druppel op ‘n slag in 1 van die glase olie.
Sodra die caviar die bodem van die glas bedek gooi jy die olie deur ‘n sif en spoel die caviar in koue water liggies af. gooi nou weer die olie in die glas en sit weer in yskas terwyl jy die 2e glas gebruik.
Die afgespoelde caviar kan jy in n skoon glas bottel bere.
Maak altyd seker dat jy net die glas se bodem bedek. As daar te veel caviar in is is dit te swaar en dan breek dit of dit sit aan mekaar vas.
Resep en foto: James Gillespie