


VEELSYDIGE KLITSKOEK
150 g sagte margarien
3 ekstra groot eiers
200 ml melk
1 teelepel aarbeigeursel
2 koppies koekmeel
2 ½ teelepel bakpoeier
Knippie sout
1 koppie strooisuiker
Voorverhit oo d na 180 ºC. Smeer 2 losboomkoekpanne van 20cm met botter of spuit met kossproei. Voer die boom met bakpapier uit.
Plaas die margarien, eiers, melk en aarbei geursel in ‘n groot mengbak en klits goed. Sif die meel, bakpoeier, sout en strooisuiker oor die margarienmengsel. Klits dan tot goed gemeng.
Verdeel die mengsel tussen die 2 koekpanne. Bak ongeveer 30 minute lank in voorverhitte oond of tot toetspen skoon uit die middel van koeke kom. Keer op ‘n draadraak uit en laat heeltemal afkoel.
Versier volgens keuse.
Ek het my mengsel in vier bakkies verdeel, en gel kleursel bygevoeg. Meng goed deur en gooi dit dan in aparte spuitsakkies. Spuit dit dan in die panne. Jy hoef dit nie in spesifieke patrone te spuit nie. Stamp net die panne op tafelblad sodat mengsel oral kan bykom.
Chocolate ganache
250 g donker of ligte sjokolade ( bakers chocolate )
165 ml room
Verhit room in ‘n pot. Dit moet nie kook nie.
Breek sjokolade in stukkies, sit in mengbak. Gooi warm room bo oor sjokolade en laat staan vir so minuut. Hitte van room sal sjokolade smelt. Roer goed deur en sit in yskas om te verkoel. Gebruik op koeke en cupcakes
Malvalekker versiersel:
1 koppie suiker
1/3 koppie water
¼ teelepel kremetart
2 eier witte
1 teelepel vanilla geursel
In ‘n potjie, roer suiker, water en kremetart. Kook oor medium hitte tot suiker opgelos is en mengsel liggies borrel.
In n mengbak, klop eierwitte en vanilla tot sagte punt stadium. Voel geleidelik die suiker mengsel by terwyl menger dit klop. Meng vir sowat 7 – 10 minute. Gebruik soos nodig op koeke en cupcakes.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen






