ZORANA MACARONI EN KAAS
Ek is mal oor pasta so hierdie resep van my wissel ek af met of spekvleis, maalvleis, gerookte worsies, enige ham keuse is joune.
Halwe pak skulpie pasta gekook
1 groot ui gekap
1 pakkie sampioene gesny en gebraai saam die ui met knoffel na smaak
Braai jou ui,sampioene,knoffel en bietjie sout en korrelpepper saam jou keuse van vleiserigheid
Meng nou n pakkie ‘potato bake’ ook jou keuse met 250ml melk.
Meng alles saam jou pasta en gooi in oondbak
Klits 2 eiers met n koppie gerasperde kaas en gooi bo oor.
Strooi nou genoeg kaas bo oor en bak teen 180 grade tot mooi bruin.
Bedien saam enige slaai.
Bron: Zorana van der Berg
Foto; Zorana van der Berg