

SOET GROEN PIESANG KERRIE
Genoeg vir 20 – 25 mense
6 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
1 groen brandrissie, ontpit en gekap
60 ml (4 eetlepels) olie
4 kg maer maalvleis
6 groen piesangs, in stukke gesny
6 groen appels, geskil en grof gerasper
125 ml (½ k) matige geroosterde
masala of kerriepoeier
30 g (1 bakkie) vars koljanderblare, gekap (opsioneel)
160 ml (⅔ koppie appelkooskonfyt of bruinsuiker)
80 ml (¹⁄³ koppie) sultanablatjang
60 ml (¼ koppie) suurlemoensap
2 blikkies (65 g elk) tamatiepasta
60 ml (¼ koppie) borrie
6 groot wortels, in dobbelsteentjies gesny
6 – 8 groot aartappels, in blokkies gesny
sout en swartpeper na smaak
Braai die uie, knoffel en brandrissie in die helfte van die olie in ’n groot plat pot of diep kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by
en roerbraai tot los, maar nie bruin nie.
Verhit die res van die olie in ’n ander pan en roerbraai die piesang, appel en kerriepoeier sowat 5 minute. Voeg dit by die vleis en sprinkel die koljanderblare oor.
Meng die res van die bestanddele behalwe die groente. Giet oor die maalvleis en meng deur.
Sprinkel die groente oor. Geur met sout en peper.
Bedek en laat prut sowat ’n uur tot geurig en gaar. Voeg ’n bietjie kookwater by as dit te droog is.
Johan Röntgen – vegetariese variasie – foto bo aan
Basies bogenoemde se resep gebruik sonder maalvleis en was besonders lekker. Het my normale hoof speserye gebruik vir al my kerries – groen piesangs, kerrie blare, steranys, kaneel stokkie, gemengde geur sade.






