ADRI SE PYNAPPEL-EN-MALVALEKKER-CREMORATERT
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk en gemeng met 100gr gesmelte botter.
Druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min.
Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit.
½ of hele pak malvalekkers gesnipper (of koop die mini malvalekkers)
Meng:
2 koppies cremora met ¼ koppie warm water en klits tot glad.
Meng in 1 blikkie kondensmelk.
Voeg ½ na ¾ koppie suurlemoensap by en meng tot dik.
Meng die pynappel en gesnipperde / klein malvalekkers by.
Skep oor koekiekors.
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening.
Bewaar in die yskas.
Resep en foto: Adri Van Zyl