

LEKKER ASYNPOEDING
Resep geplaas deur Rina Branken-Vosloo
Foto: Adam Cloete
1 ½ koppie koekmeel
½ koppie suiker
2 eetlepels appelkoos jam
2 teelepels gemmer
¼ teelepel sout
1 ½ eetlepel botter of margarien
2 eiers
1 teelepel koeksoda
½ teelepel fyn neut
Sous:
2 koppies water
2 koppies suiker
½ koppie asyn
Kook die bestanddele vir die sous 5 minute lank saam en laat effe afkoel.
Klop die botter en suiker saam en voeg die geklitste eiers by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by.
Roer die appelkoosjam by en meng goed.
Sit die deeg in die afgekoelde sous in n groot, vuurvaste bakskottel.
Bak dit 30 tot 40 minute lank of tot die poeding mooi bruin is in n matige oond by 180°C.
Dien op met vlasous of dun room.






