

ANEL SE MELTING MOMENTS
250g botter
½ koppie olie
1 koppie versiersuiker
1 koppie mielieblom (corn flour – Maizena)
2 ½ koppie koekmeel
2 teelepels vanilla
Meng alles saam.
Rol in balletjies en druk net liggies plat met vurk (of gebruik koekiedrukker – biscuit gun)
Bak teen 160 ºC vir so 10 min of tot ligbruin
Bron en foto: Anel Engelbrecht







Ida Bouwer
ek het die naweek die melting moments gebak en 1 teelepel vanielje gebruik en 1 teelepel lemon geursel. Dit het n heerlike reuk en smaak.