

PAP MET SPEK EN UIE
My ervaring was nog altyd dat die papterte wat ons saam met braaivleis maak, droog is. Toe het ek die volgende probeer en dit het baie goed gesmaak:
Kook soveel water as wat nodig is vir die hoeveelheid pap wat jy wil maak.
Sodra die water kook, roer soveel papmeel in dat jy lekker stywe slappap of slap stywepap kan maak. Roer goed totdat al die meel nat is.
Voeg Aromat en botter in.
Snipper spek en uie en braai in botter tot gaar.
Voeg nou die spek en uie by en kook die pap normaalweg verder tot gaar.
RESEP EN FOTO:
Adri van Staden






