

JULIAN SE SUURDEEG SONDER AARTAPPEL
Neem gelyke dele meel en water en meng in glas bak of bottel. Jy het nie presiese hoeveelhede nodig nie, dit hang af hoeveel suurdeeg jy wil maak. Ek begin met 2 koppies meel en 2 koppies water. Meng goed en gooi gaas doek oor en laat staan in warm plek. sodat dit genoeg wilde bakteria kan opvang. Begin so 12hoo die middag, voed dan jou suurdeeg na so 8 ure met ‘n koppie meel en koppie water. Vanaf die volgende oggend voed dit dan weer ‘n koppie meel en koppie water en meng goed. elke oggend dan weer elke aand, meng goed elke keer. Na so 3 dae sal jy ‘n heerlike reuk kry en genoeg aktiviteit sien. Jy suurdeeg behoort nou reg te wees, maar ek voed nog tot so 5 dae. Hoe langer jy voed, hoe suurder word dit en dis wat ek soek. Onthou dat wilde bakteria verskil van area tot area so jou tyd mag verskil, langer of korter, dis normaal. Onthou ook dat hierdie hoeveelhede maak ‘n groot hoeveelheid suurdeeg, so as jy nie so baie wil he, verminder dan net jou meel en water. As jy jou suurdeeg stywer wil maak, kan jy hier en daar slegs meel in meng en geen water nie. Jy kan jou “sourdough” ook gebruik in pizza, vetkoek en selfs flatbread, dis wonderlik, en dis hoekom ek so baie maak.
Bogenoemde hoeveelhede maak baie suurdeeg, so 5kg na 5 dae, dis te veel vir meeste mense, so begin met 1 koppie meel en 1 koppie water en voed dan met half koppies meel/water vir rofweg 2kg na 5 dae.
Resep: Julian Coetzee






