

MINI MELKTERTJIES
Lewer 24
Tertdeeg
225 g koekmeel
2,5 ml sout
10 ml strooisuiker
175 g yskoue botter, gerasper
1 eiergeel
10 ml koue water
Sif die meel, sout en strooisuiker saam.
Vryf die botter in.
Klits die eiergeel en koue water, voeg by.
Meng tot deeg vorm.
Knie deeg ‘n paar sekondes.
Vorm in ‘n bal en druk dit plat.
Bedek met kleefplastiek en plaas in koelkas vir ‘n uur.
Rol 3 mm uit, druk sirkels uit en plaas in pannetjies.
Vlavulsel
315 ml volroommelk
¼ koppie + 1 eetlepel suiker
1 pypkaneel of nartjieskil
30 ml koekmeel
5 ml vlapoeier
¼ teelepel sout
2 eiers, geskei
30 ml water
20 g botter
5 ml vanilla geursel
5 ml fyn kaneel
15 ml suiker
Vlavulsel
Verhit die melk, die ¼ koppie suiker en die pypkaneel of skil in ‘n kastrol tot warm, dit moenie kook nie, verwyder van hitte.
Sif die meel, mielieblom, vla en sout.
Klits die eiergele, water en die 1 eetlepel suiker in aparte bakkie tot lig.
Voeg die meelmengsel by die eiermengsel..
Voeg dit by die melkmengsel, klits tot glad.
Verhit oor matige hitte.
Voeg die botter by en roer tot dik.
Verwyder die pypkaneel of skil.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
Vou dit by die vla in.
Voeg vanilla by
Skep vla in doppies en bak 20 min by 180°C.
Bestuif met kaneelsuiker.
FOTO: Frieda Greyling






