

MARIE SE TUNASLAAI
Ek het gevind dat die slaaitjie op sy lekkerste is wanneer dit so paar uur in die yskas gestaan het. Ek bedien die slaai soms in uitgeholde tamaties, of peppers, of kraakvars slaaiblare. Bedien met saadbroodjies.
1 x 170g Tuna gevlok
25 g klein piekeluitjies fyn gekap (ek gebruik soms ‘n pers ui ipv die piekeluitjies)
2 hard gekookte eiers fyn gekap
10 ml basielkruid fyn gekap
10 ml kruisement fyn gekap
125 ml mayonnaise, of meer na smaak
Swart olywe vir garnering
Meng net alles saam.
RESEP GEPLAAS DEUR: Noeline Boshoff (resep geleen van Marie Jooste)






