

KOPKOOL MET SOUTVLEIS
Dit is baie lekker as jy van kool hou! Volgende keer sal ek dit as bygereg bedien en nie as hoofgereg nie, maar dit was nogsteeds baie lekker.
1 kopkool, fyn gesny
1 ui, fyn gesny
sout en peper na smaak
1 blik (300 g) soutbeesvleis in blokkies
250 ml dik witsous
150 g gerasperde cheddar kaas
75 ml droë broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180°C.
Kook die kool en ui in kookwater tot net gaar. Dreineer goed, geur met sout en peper en voeg die soutbeesvleis by.
Meng witsous met helfte van die kaas, roer dit by die koolmengsel en skep in oondbak.
Meng broodkrummels met res van die kaas en strooi bo-oor. Bak 30 min in voorverhitte oond tot deurwarm.
Sit warm voor.
Resep getoets en foto: Benhet Nieuwenhuis






