

MARIANNE SE WILDSKERRIE
Resep en foto: Marianne de Beer
FOOD LOVERS RECIPES
Braai die volgende saam:
3 steranysse
6 cardomom pods
¼ teelepel fennel saad
¼ teelepel cumin saad
½ teelepel mosterdsaad
½ teelepel koljandersaad
2 stukke cassia
½ teelepel swartpeperkorrels
2 gekerfte uie
Voeg by:
1 kg wildsvleis in blokkies gesny
1 groot tamatie in blokkies gesny
handjie vol gekapte seldery
vars kruisement met so 6 blaartjies aan
1 gekapte groen soetrissie
Ekstra:
aartappels en wortels in blokkies
2 opgehoopte eetlepels groen tamatie kerriepasta
1 opgehoopte eetlepel kerriemix
2 gekapte brandrissies
½ teelepels borrie
½ koppie room/plein jogurt/klappermelk
Braai bogenoemde saam in bietjie olie, pasop om nie die kruie te brand nie, matige hitte.
Voeg ongeveer 1 kg wildsvleis in blokkies gesny, by. 1 groot tamatie in blokkies gesny, handjie vol gekapte seldery, die toppie van vars kruisement met so 6 blaartjies aan, 1 gekapte greenpepper en laat prut. Voeg bietjie water by indien nodig.
Voeg 2 opgehoopte eetlepels groen tamatie kerriepasta (https://www.foodloversrecipes.com/2015/06/groen-tamatie-kerriepasta/) by en 1 opgehoopte eetlepel kerriemix van jou keuse, 2 gekapte brandrissies en ½ teelepels borrie by.
Prut ongeveer 1 uur. Voeg wortels en aartappels by en prut tot sag.
Voeg ½ koppie room/plein jogurt/klappermelk by en paar gekapte vars koljanderblare(danhia) by en meng deur.
Bedien op basmati rys of rys van jou keuse.
Afhangende van die snit kan dit langer prut nodig he.
Nota: Wat is Cassia
Dit is amper soos kaneelstokkies maar is die buitenste bas van dieselfde plant as waarvan kaneelstokkies gemaak word. Dit lyk soos boombas, en het nie helemal so sterk kaneelgeur nie






