

LIZETTE SE SATERDAG TUNA
2 blikke tuna gedreineer
1 pak 125 g simba kaas en uie chips of sour cream + onion
1 pakkie sampioensop poeier
2 eiers
1 en n halwe koppie melk
1 en n halwe koppie water
Klop eiers en melk saam
Meng die sop en water
Maak die chips fyn
Vlok die tuna
Meng die chips eier en sopmengsel by. Meng goed. Gooi in n gesneerde bak en bak in die oond teen 180 grade vir 30 tot 45 minute of tot ligbruin en gaar
Foto en resep: Lizette Vermaak






