



GESTOPTE HEEL KOOLKOP
Hier is n ou bygereg wat ons altyd in die jag veld maak net voordat ons skeur buik kry van te veel vleis braai.
Neem n kool kop en sny hom in skywe.
Maak dan n mengsel van uie ,kaas, bacon( skaap, bees) en botter en enige spice na smaak.
Stop dan die gleuwe vol.
Maak dan die koolkop toe in foelie.
Sit hom op die kole met kole bo op .
Laat hom gaar word vir so 2 tot 3 ure.
Mense wat baie van kool hou los gewoonlik die braaivleis vir die gereg.
Hy werk net so goed in die oond teen 180 grade vir so 2 ure
BRON: Johan Erasmus -VLEISLAND se Maklike Resepte
Foto van gaar kool: Kotie Brooks







Kotie Brooks
Hi Rina, ons was in vervoering, second helpings kool gehad Dit is regtig 😃baie lekker