

FRIKKIE SE TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
3 ekstra groot eiergele
1 hoogvol teelepel dijon mosterd
1 teelepel knoffel of soos benodig
stewige knippie sout en wit peper
2 tot 3 druppels tabasco
1 teelepel suiker
30 ml suurlemoensap
Plaas bogenoemde in ‘n versapper.
Skakel versapper aan en voeg 1 kp Olie (ek gebruik 50% Druiwepit en 50% sonneblomolie in ‘n BAIE dun baie stadige straaltjie in terwyl versapper op sy vinnigste loop. Voeg nog 30 ml suurlemoensap by indien dit te dik raak. Hierdie mayonnaise het ‘n 3 dag rakleeftyd in yskas.
RESEP en FOTO: Frikkie Jones







Geskuif