


BROODJIE IN RYSKOKER – RICE COOKER
1 x 500 g pakkie Snowflake Easymix Seed Loaf mix
2 ekstra groot eiers
500 ml karringmelk
Klits eiers liggies en roer karringmelk by en klits liggies.
Voeg pakkie Seed loaf mix by en roer met houtlepel goed deur.
Maak seker dit is goed gemeng.
Spuit die los pot binne in die ryskoker goed met Spray en Cook of smeer met botter.
Skep mengsel in die pot en sit in die ryskoker.
Druk die Menu Select tot by die “Cake” funksie.
Stel die “Timer” op 50 min en druk Start.
Myne het so 55 min in totaal geneem maar ek moes oopmaak om te toets, want ek het tyd van ‘n piesangbrood as basis gebruik en dit was te min.
Wanneer die alarm afgaan en die brood gaar toets, haal pot uit en laat rukkie afkoel.
Keer brood uit op rakkie en laat verder afkoel.
Lekker vars brood met min moeite!
Ek is seker as mens gewone broodmeel, bakpoeier, sout en knypie suiker gebruik sal dit ook so uitkom.
Bron en foto: Nola Barnard






